Noord

'n Windroos wat die windrigtings aandui.

Noord is een van die vier hoofwindrigtings. Die ander hoofwindrigtings is: oos, suid en wes.

Noord is die teenoorgestelde rigting van suid, en dui die rigting van die Noordpool aan. Omdat daar vir rigtingbepaling dikwels van 'n magnetiese kompas gebruik gemaak word, en die kompasnaald nie presies na die noordpool wys nie, onderskei mense tussen die geografiese noord en die magnetiese noord. Daarnaas is daar ook 'n astronomiese noord soos volgens die sterre bepaal.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search